Restaurant
'n Dag propvol pret kan met 'n smaaklike ete in ons gelisensieerde restaurant afgesluit word. Kuier in ons sportkroeg met TV's, potspeltafel en veerpyltjiebord.
Heerlike ligte en wegneemetes is beskikbaar by ons informele Lapa-Restaurant.
Die goed toegeruste winkel en drankwinkel sal vir die nodige aanvullings sorg!
Buffelspoort se restaurant bied die volgende aan:
-
Smaaklike vars voorbereide geregte
-
Professionele opdiening
-
Hoogste standaard van higiëne
-
'n Buigbare diens met verskeie opsies wat u sak sal pas
-
Vegetariërs en Diabete opsies
-
Verskeie opsies van lokale en lapa's
-
Hanteer funksies van tot 300 pax
-
Alle eetgerei, tafeldoeke, breekware ingesluit by die tarief per persoon
-
Wye keuse van spyskaarte
-
Uitstekend ingerig vir huweliksonthale tot 170 persone
-
Pragtige tuine
-
Vir huweliksonthale word 'n heffing van R20,00 per persoon op alle spyskaarte gehef. Die finale prys sluit alle eetgerei, breekware en u kleurkeuse servette, oorlappies, tafeldoeke en huur van die geriewe in. Blomme, tafelversierings en musiek vir u eie rekening.
|