Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Virtuele Toere
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid



Sê ons wat jy dink!

Hier is jou geleentheid om jou sê te sê. Stuur 'n kakiebos as jy enige kritiek op die ATKV-Oorde, ons aktiwiteite, ons diens, ons doen en late het of skud sommer enige klippie uit jou skoen wat jou pla of seermaak.

Stuur gerus ook 'n sonneblom as jy enige komplimente het of iets positiefs van die ATKV-oorde, ons aktiwiteite of ons diens ervaar het.

Die ATKV/ATKV-Oorde aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige kommentaar, stellings of uitlatings wat deur enige besoeker aan dié webwerf gemaak word nie. "Sê jou sê" weerspieël nie noodwendig die siening van die ATKV/ATKV-Oorde nie. Die ATKV behou die reg voor om ten enige tyd kommentaar sonder kennisgewing te verwyder.

Naam :
Van :
E-Posadres :
Om te verhoed dat ons ongewenste skrywe deur ons webwerf kry, het ons die onderstaande sekuriteit ingestel.
Vul die letters in die beeld, in die onderstaande teksveld in, voordat jy jou versoek stuur.
Indien jy enige probleem ondervind, stuur gerus 'n e-pos aan webadmin@atkv.org.za.
 



Wat het die ander mense gesê

Sp pas deur julle fotos van die Junie-Julie vakansie gekyk en dit het aangename herinneringe gebring. Ek dink daarom dit is ook nodig om positiewe terugvoer te gee en Buffelspoort geluk te wens met die moeite wat hulle gedoen het met die vermaak. Pienaar en Barney en die vermaakspan het hulle goed van hulle taak gekwyt. As 'n mamma wil ek net Sandra de Lange ondersteun en die persone wat die Buffelshoekie gehanteer het ook bedank. My woelige kleuters kon ook nie wag om in die oggend daar te gaan kuier nie. Hulle het selfs vir my die stories wat die poppe vir hulle vertel het kom oorvertel. En dan was daar die handartikels wat hulle daar gemaak het. Ek wonder net waar kry hulle al hierdie kreatiewe idees vandaan. En wat die fotos betref ek gaan beslis 'n paar aflaai. Nogmaals dankie Buffelspoort en met so 'n vermaakspan kan julle nie verkeerd gaan nie.
Magdaleen Kirstein [vonkpos@webmail.co.za] - 2010-07-27 08:46:59.89

Ek het nou al 2 keer by Klein Kariba gaan kamp en ek dink persoonlik dat dit een van die beste oorde is. Hulle diens is uitstekend en die personeel vriendelik. Hulle aktiviteite vir die kinders is puik. Hou so aan en julle sien ons gou weer. Dankie vir al die mooi ATKV oorde julle is puik. BKBG
Mari van den bergh [Pieter-ma@vodamail.co.za] - 2010-07-19 14:38:55.187

Die woonstel eenhede is wragtig terug op die brug, het my oë uit my kop geskaam om my gesin daar te laat tuis gaan. Die mees patetieste, "koue", onpersoonlikste blyplek wat ek nog ooit in my lewe beleef gesien het. Laat my ou weermag "bungalow" soos 'n vyfster hotel lyk. Al ooit gesien dat jy op beton blokke slaap ipv 'n bed? Nie eers 'n vadoek of matjie in die plek. 'n Toonbeeld van kripperende ellendigheid!. Die woonstelle is vrek ver van die oord af. Wat 'n belediging vir die ATKV! Ag nee wat, ASB. NOOIT WEER SOLANK EK LEEF!!!! Raak ontslae van die bestuur, hulle wag nog op die "Groot trek".
Charlie Barnhoorn [cbarn56@webmail.com] - 2010-07-16 15:43:29.903

hi wil net se os en my gesin was daar die laaste week in julie en wil net se die vermaak span was uitsteekend daar was als vir hele gesin en wil ook danke se vir "spongbob"henri en sy span julle was wonderlik en vrienlik teen ale tye en my dogters het gese hullke het die vermaaakspan die meeste vertrou
hendrik van heerden [hendrik@mailbox.co.za] - 2010-07-14 09:31:13.763

Goeie more Mnr Claassen, kan u asb vir ons meer inligting verskaf tov u opmerking. Buffelspoort Bestuur
ATKV Buffelspoort [beffelspoort@atkv.org.za] - 2010-07-05 08:04:34.873

Hierdie is 'n kommin regse saamtrek van afrikaners. Wat 'n useless plek!!
Herman Claassen [herrie@iafrica.com] - 2010-07-04 20:24:46.06

Het vir twee weke vakansie gehou by Buffelspoort. Behalwe vir 'n paar koue dae wat ons binne gehou het, het ons werklik die vakansie geniet. Dankie aan die diensspan wat ons kinders besig gehou het by die Buffelshoekie. Die kinders kon nie wag om in die oggende daar uit te kom nie. Hulle het ook die skattejag verskriklik geniet. Ons gaan weer by Buffelspoort kuier
Sandra de Lange [sandra@webmail.co.za] - 2010-06-29 20:27:34.327

Ons het die naweek van 11 Junie op Buffelspoort gekamp. Het vir 'n lang ruk nie gekamp nie en besluit om woonwa te koop en by Buffelspoort uit te toets. Die ontvangs was hartlik en ons was hoogs ingenome om orals in Afrikaans aangespreek te word. Die staanplekke was rojaal en ons kon gemaklik ontspan. Wel so het ons gedink. Die naweek het die Universiteits studente ook besluit om te kampeer. Dis hartseer om te dink jong mans vergryp hul so aan drank en dan gaan die harde geskel en gepraat aan tot 3 uur in die oggend. Ons was nogal teleurgesteld in die oord se sogemaamde "stiltetyd" klousule wat glad nie toegepas was nie. Sal maar volgende keer Klein-Kariba gaan probeer. Buffelspoort sal ons nie sommer gou weer sien nie.
Danie Joubert [Danie.joubert@standardbank.co.za] - 2010-06-22 20:23:10.89

Ek wil u net in kennis stel dat ons 'n heerlike naweek op die oord geniet het en dat al die personeel baie vriendelik en hulpvaardig is. Dit was 'n voorreg om op die oord gekuier. Vriendelike groete
Linda Damons [Linda.Damons@gmail.com] - 2010-06-14 08:14:25.747

Vir baie jare beplan ons jaarliks 'n familie reunie by Buffelspoort. Elke jaar was dit 'n fees. Die groepbesprekings dame wat ons reelings vir die laaste 4jaar behartig het was altyd vriendelik en behulpsaam en het uit haar pad gegaan vir die beste familie saamtrekke. Die reelings het altyd seep glad verloop maar ongelukkig was ons ervaring hierdie jaar nie dieselfde gewees nie. Vanaf dag 1 het ek 'n gevoel gekry dat ons bespreking net moeite was. Die dame - Mev Snyman het geen mense verhouding kennis.Volgende jaar gaan ons eerder na Klein-Kariba toe!
C Botha [corliebotha@rocketmail.com] - 2010-06-11 12:05:42.67

Hein ons mis vir jou! Jy was die coolste ou! Saam met Jana, Natasja en Roy was julle die beste vermaakspan ooit! Van lekker seerower avonture langs die swembad saam met die Bosveld Klong, kaas en wyn aand, "coctail aande" die lekkerste kompetisies en mannewales langs die swembad, die lys is oneindig lank want ek en my gesin stem saam dat julle die beste Buffelspoort vakansie herinneringe gemaak het! Giel, ek dink jy is reg oor die "politiek" want nie een van die bogenoemde personeel werk meer op die oord nie. Laat mens nogal wonder ne? BESTUUR bring asb die ou span terug of kry iemand van hulle standaard want daar is 'n groot leemte op die oord gelaat!
Johann Roetz [ltp@temp.co.za] - 2010-05-28 10:47:11.14

As buffelspoort ooit vir Rina Erasmus verloor sal dit 'n geweldige verlies wees. Rina jy is die voorbeeld van kliente diens, omgee, planne maak, en altyd kliente eerste stel. Dankie vir jou staatmaker diens. Die Else Vaalpark
Hennie Els [els.huis@mweb.co.za] - 2010-05-24 19:59:32.09

Ek stem heelhartig saam met Hennie dat persone wat gereeld Buffelspoort toe gaan die agteruitgang met die vermaak gesien en ervaar het. Gaan kyk maar nie onder Kiekiekyk en sien hoe die vermaak met die vorige vakansies was. En Barnie is beslis nie Hein of Pierre of Reinier nie. Hy het sekerlik ander sterk eienskappe, maar aanbieder van vermaak - beslis nie.
Suzie Swanepoel [s.swanepoel@intekom.co.za] - 2010-05-03 17:43:14.327

Dit is duidelik dat persone wat vir die eerste keer by Buffelspoort was tevrede en beindruk was met die vermaak. Persone wat egter gereeld daar vakansie hou het weer 'n agteruitgang beleef. Al waarvoor gepleit word is dat die bestuur erns moet maak met die vermaak en die verwagting is tog dat dit altyd beter as die vorige keer moet wees.
Hennie de Groot [HdG@gmail.com] - 2010-05-03 14:08:05.047

Ons was die langnaweek aan die einde van April vir die eerste keer by Buffelspoort. Ek moet sê ek was aangeneem verras oor wat ons beleef het. Dit het gereen die hele naweek maar tenspyte daarvan het ons GROOT pret in die swembad gehed. Dankie Barnie vir al die pret Maandag 26 April. Die liedjieraai kon nie beter!! Die aand se vermaak deur Jammies was BAIE GOED en die sokkie(dans) was groot pret. Sal nie die laaste keer wees wat ons julle sal besoek nie
Ester La Grange [esterlagrange@gmail.com] - 2010-05-03 11:04:45.843

Ek is nou eers weer op kantoor na die Aprilvakansie, en wil ook my stem voeg oor April. Verlede jaar se April vermaak was regtig puik, en die jaar was dit regtig swak. Bring asb vir Hein terug!
Andre Els [aels@yahoo.com] - 2010-05-02 10:03:39.077

Ons gesin het die afgelope naweek, 23-27 April 2010 by julle gekampeer. Dit was nat en die weer het nie saamgespeel nie, maar steeds het ons dit terdeë geniet. Ek wil dan ook die personeel wat omsien na die ablusie geriewe gelukwens, van die geriewe by die kampeerplekke, tot die by die winkelkompleks en by die vermaakareas en binnenshuis swembad. Dit was altyd skoon en netjies, die nattigheid ten spyt. Wat ook opgeval het was die oord personeel se vriendelikheid en hulpvaardigheid. Julle is voorwaar sterre en weet waaroor die gasvryheidsbedryf gaan. Baie geluk.
Pieter Fourie [pietf@nissan.co.za] - 2010-04-28 11:00:17.84

Ek stem saam met Susan Botha die lewe is wat jy daarvan maak! Daar sal maar altyd mense wees wat kla! Iemand wat dink voor hy praat, is altyd wys!
Susara Armstrong [susaraarmstrong@mtn.blackberry.com] - 2010-04-20 14:16:09.717

Ek was bevoorreg om die oord gedurende die paasnaweek te besoek. Waaroor kon ek kla? Die ablusie was pynlik netjies, geluk aan die span wat daarvoor gesorg het. op geen stadium het ek dit nodig geag om te gril vir vuil badkamers nie. Die terrein was weereens pragtig en goed versorg. Die VERMAAK, waar begin mens en waar eindig mens? Ek dink julle het 'n wenner hier beet. Barney het sy ding dubbel en dwars gedoen. Mens mag nie oor reën kla nie, maar ek dink dit sou meer pret gewees het as dit nie gereën het nie. Hy kan gees bou soos nog niemane voorheen dit gedoen het nie. Ek dink die verhoog-idee was puik. Betrek almal. En as jy nie van die vermaak hou nie, gaan na die swembad waar dit nie aangebied word nie. Buffelspoort, ek versoek dat julle asseblief weer vir Barney en sy span kans gee om die vermaak te behartig! Sien julle weer!
Desmond Swart [des.swart17@gmail.com] - 2010-04-20 13:16:53.09

Ek voel dat ek ook graag 'n stuiwer in die armbeurs wil gooi ten opsigte van die vermaak. Jako het reeds die saak aangeroer dat sommige mense met ander se kalwers ploeg en dan die krediet daarvoor wil neem. Die Buffelshoekie waaroor Susan en Ina hulle waardering uitspreek is beslis 'n goeie idee. Die idee is reeds deur die vorige vermaakspan ontwikkel en met sekere persone van bestuur bespreek. Nou is dit deel van die program, maar die persone wat dit ontwikkel het, is nie deel daarvan nie. Ander items op die program soos bv Amper-Golf is deur Pierre Pitzer ontwikkel. Waar was hy? As 'n gereelde besoeker aan Buffelspoort, ook in April, blyk dit dat daar veel meer "politiek" betrokke is as wat baie vakansiegangers van bewus is. Waarom het Hein, wat uitstekend was met vermaak, skielik bedank?
Giel Malan [giel@webmail.co.za] - 2010-04-14 12:53:51.78

Graag wil ek stem saam Susan dat die Buffelshoekie 'n wonderlike idee was, die vorige vermaak was meer vir die groter kinders en ouers maar hierdie keer kon my kleintjie (Katinka 3) ook pret he met hulle oulike program en die studente was wonderlik met die kleinspan! Wel gedaan Buffelspoort julle is tops!! Sien julle sommer weer binnekort!
Ina Lombaard [inal@telkomsa.net] - 2010-04-14 10:25:31.653

Goeiedag! Ek wil net se Buffelspoort is great en kan nie verstaan waaroor hierdie mense kla nie! Die verandering al reeds op die oord is ongelooflik! Die Buffelshoekie vir een, ek het nie geweet van my kinders nie hulle was mal oor die plekkie. Die groot skerm by die swembad met lekker Afrikaanse liedjies - die was ongelooflik! Arno wil net noem jou epos se anti-atkv, nou hoekom is jou nog op die webblad as jy ANTI is, gaan hou dan maar vakansie erens anders ons ander is mal oor die plek!!!!
Susan Botha [susan@gmail.com] - 2010-04-14 09:36:31.64

Wil net vir Johnny Faurie bedank dat hy as oordbestuurder self gereageer het op al die kommentaar. Dit is wat ek verwag het an Buffelspoort en Johnny jy het nie teleurgestel nie. Ek vind dit egter vreemd dat jy meld dat julle "oor die algemeen baie goeie terugvoer oor die program gekry het". Dit rym nie met die kommentaar wat ek en ander hier geskryf het nie. Ek is steeds van mening dat die probleem die persone was wat die program aangebied het. Ons hou egter die webblad met belangstelling dop vir verdere nuus. Dit sal bepaal of ek weer 'n vakansie by Buffelspoort sal spandeer of nie. Vriendelike oase groete! Wian
Wian Riekert [wriekert@gmail.com] - 2010-04-13 17:32:34.467

Bestuur neem kennis van die klagtes rakende die vermaakprogram. Ons het oor die algemeen baie goeie terugvoer oor die program gekry. Die reënweer oor die vakansietyd het veroorsaak dat die program nie altyd verloop het soos beplan nie. Ons gaan beslis verder ondersoek instel om te verseker dat ons vermaakprogram in die toekoms aan die hoë standaarde van Buffelspoort voldoen. Hou gerus die webblad dop vir nuus hieroor. Vriendelike Buffelspoort groete Johnny Faurie (Oordbestuurder)
Johnny Faurie [johnnyf@atkv.org.za] - 2010-04-13 16:25:12.437

So pas na die verskillende ATKV-Oorde se webblaaie gaan kyk. Raai wat? Al die oorde se bestuur reageer op kommentaar wat geplaas is, BEHALWE Buffelspoort. Wonder waarom? Is Buffelspoort se bestuur bokant kommentaar verhewe? Steur hulle hulle nie daaraan nie? Ons, die vakansiegangers wat julle ondersteun, wag in spanning om te sien wanneer julle gaan reageer, (indien wel).
Arno Botha [arno@anti-atkv.co.za] - 2010-04-13 14:55:35.89

Wie is verantwoordelik vir vermaak? Niemand onder besonderhede word aangedui nie. Dalk rede dat vermaak nie op standaard was nie. Niemand se baba nie.
June Appelgryn [june@telkomsa.net] - 2010-04-12 20:28:11.03

Sien Bufeelspoort blok nou die kommentaar. Skynbaar vloekwoorde - maar daar is niks.
June Appelgryn [june@telkomsa.net] - 2010-04-12 20:26:35.373

Gister teruggekeer van vakansie by Buffelspoort. Oord is fantasties, maar my klippie in die skoen is ook die swak vermaaklikheidsprogram. Aanbieders was soms swak voorbereid en nie in staat om hul eie program aan te bied nie. Besef dat dit nie professionele mense is nie, maar as jy jou op hierdie gebied wil begewe moet jy darem in staat wees om te kommunikeer. Anders as Lizette dink ek die rugby was die beste deel op die program, want dit het geen aanbieders van Buffelspoort nodig gehad nie. Die musiek by swembad was voorspelbaar. Kan julle nie asb 'n nuwe speellys saamstel nie? Kom Buffelspoort waarom agteruitbeweeg met julle vermaaklikheidsprogram?
Ryan Pieterse [r.pieterse@gmail.com] - 2010-04-12 06:50:52.7

Dankie Pedri, jou verwysing na die fotos bevestig net wat ek, en dit lyk my ander vakansiegangers ook, onder die bestuur se aandag wil bring. Die vermaak en alles daarom het die afgelope vakansie veel te wense oorgelaat en was beslis 'n terugwaartse stap. As jy dalk die eerste keer daar was, sou jy dalk nie verstaan waaroor die bohaai is nie. Maar persone wat gereeld Buffelspoort toe gaan sien en beleef die agteruitgang vinniger. Asseblief bestuur stel die saak reg. Antwoord ook asb op die kommentaar en bewys Pieter le Grange verkeerd deurdat julle wel kennis neem.
Wian Riekert [wriekert@gmail.com] - 2010-04-09 11:36:12.61

Paul, Lizette, Jako en Wian...... kyk gerus na Desember 2009 se kiekiekyk fotos en ja wat kan ons nog meer vra....
Pedri Vermaak [p3vermaak@yahoo.com] - 2010-04-09 07:47:25.903

Paul Goosen slaan die spyker op die kop dat dit eintlik niks betek om hier menings uit te spreek nie. Die bestuur van ATKV en veral Buffelspoort hou nie van negatiewe kommentaar nie en sal daarom nie reageer nie. Dit is 'n geval van bly stil en vat wat julle kry vir die vakansiegangers. Al wat saak maak van die vakansieganger is hulle beursies. Ek daag die bestuur om te reageer of om my reg te bewys.
Pieter Le Grange [sonderepos@internet.za] - 2010-04-08 15:31:40.39

Ek wil graag uitvind hoe hierdie hele goed keuring werk vir vakansie oor Desember. Ek het reeds Januarie 2010 besprekings vorms ingevul en oral word ek afgekeur. Net laas jaar doen ek vakansie bespreking in July vy Buffelspoort en daar kan ek gaan kamp. Ek is ook n lid, en voel op hierdie oomlik om dit nie meer die moeiete werd is nie, want ekkan nooit vakansie gaan hou nie. Ek is miskien nie lank lid nie, maar glo dat almal onder die selfde kraal geskeer moet word. Wat moet ek nog doen om net n plekkie te kry om te gaan kamp.............. Dit is so vrek lekker by julle oorde.
Karen Janeke [karen@molapo.biz] - 2010-04-08 14:45:10.56

Ek werp ook my stywer in die armbeurs oor die vermaaklikheidsprogram. Die probleem is nie regtig die program nie, maar die persone wat dit aanbied en hanteer. Soms gelyk soos 'n vis uit die water. Benodig persoon of persone met die regte geaardheid om 'n program suksesvol aan te bied vir vakansiegangers met uiteenlopende behoeftes. Wonder ook wat het geword van vorige vermaakspan? Wonder ook of enige iemand van bestuur by Buffelspport hierdie kommentaar lees en daarvan kennis neem, anders is dit soos graffiti teen 'n muur. Absoluut waardeloos.
Paul Goosen [paul.goosen@telkomsa.net] - 2010-04-08 08:39:54.373

Ek wil ook my mening byvoeg ten opsigte van die vermaak. Ek is nie 'n rugbyliefhebber nie en 'n groot deel van die program het daaruit bestaan. Dalk omdat dit die minste moeite is vir die opsteller en aanbieder van die program. Die verkoop van bier naby aan die swembad is na my mening 'n onding. Vakansiegangers wat gereeld na Buffelspoort gaan het geen nuwe items op die program gevind nie. Gesprekke met ander vakansiegangers, wat gereeld daar vakansie hou, was dit eens die vorige twee jaar het julle 'n uitstekende vermaakspan gehad wat hierdie keer beslis gemis is. Die res van die oord is puik en personeel vriendelik, maar die vermaak was beslis 'n klippie in die skoen. Groete!
Lizette Koekemoer [liz@webmail.co.za] - 2010-04-07 08:39:59.247

Dankie vir Wian, Jako en Angy se opmerkings. Ons gesin het gedink dit is net ons wat nie opgewonde was oor die vermaak nie. Na vorige vakansies was ons teleurgesteld. Meer van dieselfde beteken nie vooruitgang nie. Persone wat aangebied het was nie regte keuse nie. Het soms gelyk asof program inbreuk maak op hulle vakansieplanne. Aanbieders is daar ter wille van vakansiegangers nie ter wille van hulle self nie. Wie ookal beplanning gedoen het, dink asseblief weer. Asb behou die goeie en bou die toekoms daarop.
Paul Grobler [paul.grobler@telkomsa.net] - 2010-04-07 08:14:00.56

Goeie naand. Graag wil ek net uitvind wat geword het van die vorige vermaakspan? waar is Hein(vermaak 2008 en 2009); Pierre (vermaak desember 2009) of Reinier (Studente Groepleier)? Hulle het die vorige jare suksesvolle vermaaklikheids programme aangebied. Hoekom is hul nie weer gebruik nie? Buffelspoort mis hul beslis. Groete A Strydom
Angy Strydom [strydom.a@gmail.com] - 2010-04-06 18:09:50.653

Ek en my gesin en vriende het weer soos vorige jare ons vakansie by Buffelspoort gaan spandeur. Ons het baie uitgesien na die vakansie program (want vorige jare se program was uitstekend). Hierdie vakansie aan die ander kant was 'n reuse teleurstelling. Wat het geword van die vermaakspan wat ons ken? Die span wat ons leer ken het en saam ons gelag en speel het. Span wat altyd vriendelik was en bereid was om te help selfs al was dit nie hul afdeling waarin hulp benodig was nie...Ek wil ook graag weet wie die program uitgewerk het? Dit lyk na dieselfde idees en items op die program maar tog is die span wat die program aanvanklik aangebied het, nie daar nie?? Hoe werk dit? Ek stem saam met Wian Riekert. Bring terug die vorige vermaakspan! anders gaan buffelpoort daaronder begin lei.
Jako Popse [j.p@webmail.co.za] - 2010-04-06 17:46:41.373

Het so pas teruggekeer na ons vakansie by Buffelspoort, maar was teleeurgesteld. Waar is julle vorige vermaakspan? Vermaak was swak en persone wat dit aangebied het nie regtig geweet hoe om dit te hanteer nie. 'n Mens karring nie aan iets wat werk nie. Bring terug die vorige vermaakspan.
Wian Riekert [wriekert@gmail.com] - 2010-04-06 17:32:21.077

My ouers het in rondawel 123 gebly vanaf 7 - 11 Maart. Wat versonderstel was om 'n rustige wegbreek te wees het in 'n nagmerrie ontaard. Die tweede dag het my pa geval vanaf die trappies wat lei na die rondawel toe a.g.v 'n baksteen wat uit is. Hy het sy been so sleg gebreek dat die ambulans hom moes kom haal en hy het 'n nood operasie ondergaan daai selfde aand in 'n Rustenburgse hospitaal.
Eileen Parau [eileenparau@gmail.com] - 2010-03-19 11:18:48.043

Uitstekende plek! Ons gaan weer vanaf 1-5 April. Net jammer daar is nog niks by die dagboek nie. Wat gaan alles in hierdie tydperk gebeur????
Tersia Cooper [klets.klouter@telkomsa.net] - 2010-03-17 11:00:01.81

nou as ekl nie 'n GPS het nie hoe ry ek om by Buffelspoort se oord uit te kom? wat van 'n kaart van die omgewing op julle web blad?
Carlo Heinz [Carloheinz@gmail.com] - 2010-03-11 18:23:34.45

Ek sien alle groepe behalwe die atkv le klagtes van haatspraak teen malema se uitbarstings. Gaan die atkv weereens swyg? Ek voel jul veg te min vir ons regte : die afrikaanse, die afrikaner, wie ookal jul ondersteun.........
Kobie Gouws [kobie2@mailbox.com] - 2010-03-10 23:05:20.293

Ons het die naweek van 5-7 Maart 2010 as 'n groep by Buffelspoort deurgebring. Ek het reeds die bespreking in Oktober 2009 gedoen en spesifieke staanplekke laat uithou vir die hele groep. Groot was my teleurstelling toe ons daar opdaag en die verkeerde staanplekke was afgebaken. Ons wil weer so maak, maar hoop dat met die volgende familie re-unie ons die staanplekke kry waarvoor ons gevra het. Ons het nog steeds lekker gekuier en Buffelspoort bly 'n puik vakansieoord.
Dalene Theron [therond@telkomsa.net] - 2010-03-08 22:18:25.467

Ons het die naweek van 26-28 Feb 2010 by buffelspoort gaan rus. Dit was wonderlik ons het heerlik gerus en al die geriewe was puik geen klagtes van my kant nie. Hou so aan! Ek het ook besluit om deel te wees van die ATKV en gaan baie beslis aansluit. Die personeel by ontvangs was baie behulpsaam. Hou so aan!
Wimpie en Henna Van Niekerk [hennav@joburg.org.za] - 2010-03-01 12:08:06.39

Ons is al so lank 'n lid van die ATKV maar het 'n probleem met geen troeteldiere. Ons het 'n Capuchin monkey wat in 'n hok is. Ons kan nerens by die ATKV oorde gaan kamp nie. Hoe word poppegaaie,voels en meerkatte toegelaat en nie 'n monkey nie. Hy bly altyd in die hok by die karavaan park.
Erika Smit [erika@nandocas.com] - 2010-02-23 17:49:50.14

Ek wil graag hoor wanneer die ATKV ooit soos Afriforum gaan begin veg vir Afrikaans by Universiteite, skole ens. Want is asof die ATKV binne die organisasie Afrikaans is, maar sodra daar petisies is en geveg word vir die taalregte en die taal, is die ATKV nooit betrokke nie............
Kobie Gouws [kobie2@mailbox.com] - 2010-02-22 23:12:55.187

Buffelspoort Bestuur neem kennis van Mev Marais se klagte, en het haar persoonlik gekontak
buffelspoort atkv [buffelspoort@atkv.org.za] - 2010-02-17 00:00:00.0

Ek ervaar baie swak diens van Buffelspoort oord. Ek wou 'n bespreking maak vir Maart 2010, maar die antwoord op my epos vanaf Hannelie Botes is baie kortaf, ontegemoedkomend en sit my heeltemaal af van ATKV Buffelspoort. Ek hoop die diens by die ander oorde is beter.
Elisma Marais [elisma.marais@clover.co.za] - 2010-02-16 11:50:34.687

Hallo Boertjie, Klik op "ATKV-Buffelspoort". Die eerste bladsy wat opkom bevat die GPS-koordinate [ reg onder die opskrif "ATKV-Buffelspoort"] Kon jy darem toe die oord vind, of soek jy nog?
Piet Plesier [p.plesier@yahoo.com] - 2010-02-13 10:21:06.983

Jul roetekaart is uiters swak saamgestel. Die gewone kaart is so klein dat jy niks kan sien nie. Die getekende kaart is onverstaanbaar. Ek ry met die N4 en dit is nie eens op jul kaart nie. Waar is die GPS koordinate? Waar is die Afrikaanse beskrywing? Uiters swak!!!
Jan Els [boertjie64@yahoo.com] - 2010-02-11 13:26:23.78

YIPEE die foto is op en dit lyk great, dit was 'n fees vir die wat nie daar was nie weet nie waarop hulle uitgemis het nie!!!! Wat 'n lekker vakansie welgedaan Buffelspoort vermaakspan!!!
Celeste Bonthuis [dp@nissansa.org.za] - 2010-02-03 16:04:34.153

Smaak my Buffelspoort was die enigste oord wat vermaaklikheids aktiwiteite gedurende die afgelope Desember vakansie gehad het as ek na die "kiekiekyk" afdeling van die oorde kyk. En die lekkerste van alles ons kon deel wees daarvan. Hiermee wil ek net vir die vermaakspan gelukwens met 'n puik program. ps. ek het nog nie die beloofde dvd met vakansie fotos ontvang nie. Vriendelike Groete Kobus
Kobus Kotze [kk@ceres.org.za] - 2010-02-03 12:16:50.03

'n Bos Sonneblomme vir jou Esta. Iewers het Denise dalk die oord se naam verkeerd, want Buffelspoort was beslis nie dood Desember nie!
Melinda Pitzer [melindapitzer@yahoo.com] - 2010-02-01 13:09:47.233

Graag wil net vir die vermaakspan te ATKV Buffelspoort 'n hele bos Sonneblomme gee vir 'n puik en somtyds onvoorspelbare vermaaklikheids program die afgelope Desember vakansie. Daar was weliswaar nie vir elke ouderdomsgroep op die oord en omgewing 'n skoonheids kompetisie nie (aldus Denise Claassen)Maar dan weer as jy hou van DRINK-'N-DOP en wen 'n prys vermaak dan moet jy liefs op die oord tuis gaan wat Denise Claassen aanbeveel. (En om teleurstelling te voorkom bespreek vroegtydig by Omaramba)Ek sien glad nie waarom ek my kinders aan sulke oppervlakkige vermaak moet bloodstel nie. Weereens aan die ATKV Buffelspoort Bestuur baie geluk met julle vermaakspan se bydrae tot 'n fantasiese vakansie. Die Uwe Esta Serfontein
Esta Serfontein [eserfontein@amplats.co.za] - 2010-01-28 12:28:20.513

Graag wil ek net vra vir 'n beter vermaak program vir Desember -die vermaak wat daar was vir Desember 2009 was power teen al die vorige jare - as jul vermaak wil sien en hoor gaan na Omaramba-vorige jare was daar Mej Buffelspoort 1-12, 13-15,16 en ouer,en die kinders het verskriklik daarna uitgesien,maar 2009 was dood.
Denise Claassen [denise.claassen@za.huhtamaki.com] - 2010-01-27 10:36:08.467

Ek het in Julie 2009 aansoek gedoen en om lidmaatskap en die vorms ingegee by Buffelspoort na ons vakansie. Tot dus ver het ek geen terugvoer ontvang van julle nie. |En dit is al weer tyd vir nog 'n vakansie. Ek sal dit waardeer indien julle my kan antwoord. Vriendelike groete. Jean
Jean Botha [JLBotha@anglocoal.co.za] - 2010-01-25 10:45:15.607

xdeqj
Jean Botha [JLBotha@anglocoal.co.za] - 2010-01-25 10:41:35.543

Goeiemôre, ek wil graag 'n naweek bespreek vir my en vriende, ek wil hulle graag gaan wys hoe lyk Buffelspoort na 'n heerlike Desember daar. Ek sal graag net eers wil weet wat sê progam word vir die naweek van 12-14 Februarie beplan, aangesien dit Valentynsdag is die 14de? Ek kan nog niks onder julle Dagboek afdeling sien nie.
Erika Van Schalkwyk [erikavanschalkwyk@rocketmail.com] - 2010-01-21 10:48:42.247

Buffelspoort het Mnr van der Merwe per e-pos bereik.
atkv buffelspoort [buffelspoort@atkv.org.za] - 2010-01-20 16:10:40.39

Ek het in die eerste week van Januarie aansoek gedoen en tot vandag nog niks gehoor nie, ek het 3 vriende wat ook wil aansluit, maak ek het hulle gesê dat hulle moet wag dat ek eers aansluit maar nou stel ek hulleteleur want ek kan nie aangesluit raak nie, hulle twyvel ook of hulle dit sal kan doen. Asseblief laat weet my wat het geword van my aansoek, en sal ek kan kans kry om by ATKV aan te sluit. Baie dankie.
Barend van der Merwe [bvandermerwe@mfc.co.za] - 2010-01-19 07:38:28.793

HOE KAN MENS IETS SE AS DIE WEB BLADSY ELKE KEER TERUGKOM EN REKEN "MY PARAGRAAF BEVAT VLEOKWOORDE" - daar is niks?!
Kobus Labuschagne [klabuschagne@lantic.net] - 2010-01-18 14:08:31.67

Ek wil net van die gellentheid gebruik maak om die bestuur van Buffelspoort te bedank vir n puik vakansie Desember 2009. Vermaak Span: Piere en sy span wel gedoen julle het ons vakansie gemaak jul het heeldag besig gehou en dit was lekker.Julle het als in gesit om dit so nice as moontlik vir ons te maak.Sou bietjie meer kuntenaars daar wou gehad het maar met dit was nogal nice. Noodhulp kamer moet op standard gebring word met n noodhulper aandiens ek kan julle help met dit en dit is baie belangrik.Daar het n paar insidente gebeur waar die noodhulp nie beskikbaar was nie.Hou asb die vermaakspan soos hulle is hulle is puik
Kobie Snyman [kobiesnyman@gmail.com] - 2010-01-18 12:06:48.42

Geagte Bestuur en personeel by ATKV Buffelspoort. Baie dankie vir een van ons lekkerste gesins vakansies ooit. Ons moes die eerste 5 dae van ons jaarlikse vakansie by Omaramba deur bring maar kon later toe plek by julle kry. Wat 'n groot verskil, die diens, die geriewe, die mense en dan die vermaak was uit die boonste rakke. Ons kinders het die vermaak so geniet dat ons die komende jaar glad nie see toe gaan nie. Sien julle weer in 2010. Gerhard
Gerhard Scholtz [gscholtz@telkomsa.net] - 2010-01-15 13:24:41.67

Geagte Arie, dankie vir die navraag. Die lewensredders wat by Buffelspoort gebruik word, is uitgekontrakteer van Sun City af. Dit is hulle standaard uniform. Groete, Rina Erasmus ATKV-BUFFELSPOORT rinae@atkv.org.za
Rina Erasmus [rinae@atkv.org.za] - 2010-01-15 00:00:00.0

Goeiemôre Almal, gaan kyk gerus op Facebook onder die groep ATKV Buffelspoort na Desember 2009/2010 se vakansiefoto's. Vriendelike groete Pierre en Melinda
Melinda Pitzer [melindapitzer@yahoo.com] - 2010-01-14 09:47:15.42

Kan iemand asb. vir my 'n (geldige) rede gee hoekom die lewensredders by die Buffelspoort oord hemde dra waarop "life guard" gedruk is? Ek dog dan die A in ATKV staan vir Afrikaans?
Arie Fourie [base1202@gmail.com] - 2010-01-14 08:08:39.67

Hallo daar, Ek wil baie graag 'n lid word van die ATKV maar kan nêrens op jul webtuiste sien hoe dit werk nie. Ja, dit verduidelik die koste en hoe om dit te betaal, maar ek verstaan nie heeltemal wat die lidmaatskap dan vir my beteken nie? Kan iemand my dalk terug e-pos en verduidelik? Dit sal hoog op prys gestel word, dankie. Groete, Helga
Helga Gericke [helga.gericke@yahoo.com] - 2010-01-13 22:34:06.343

Ons gesin het in Desember 2009 vir 12 dae by Buffelspoort gekamp. Wat n genotvolle tyd het ons gehad! Die geriewe was ten alle tye skoon en netjies en die vermaak was baie goed aangebied. Sien julle beslis weer binnekort!
TRUDY DE KLERK [TRUDYDEKLERK@GMAIL.COM] - 2010-01-12 14:47:38.36

Ek wil vandag net ongelooflik dankie sê, na 'n harde jaar is ek deur vriende genooi om saam te gaan Buffelspoort toe. Ek was negatief, maar vandag wil ek vir Pierre en sy vermaak span n land vol sonneblomme stuur. Julle program was uitstekend en ek kon nie in die oggend vroeg genoeg my handdoek gaan neersit het vir my plekke langs die swembad nie, want ek was bang ek mis iets, julle het my van als laat vergeet! Die Oujaarsdans vir die tieners en ouermense was 'n treffer, die Campbells wat so vinning hulle klank kon skuif na die reen en voor 'n nog steeds vol saal opgetree het was 'n treffer, die gratis pap en sous en vure, die oefeninge in die swembad, speletjies vir die hele gesin ens, ens, ens.... Baie geluk, ek sien julle beslis weer binnekort en ek gaan beslis 'n ATKV-lid word.
Erika van Schalkwyk Van Schalkwyk [erikavanschalkwyk@rocketmail.com] - 2010-01-12 11:38:54.077

As 'n gereelde kampeerder wil ek net baie dankie aan die nuwe bestuur sê vir 'n baie goeie en georganiseerde vakansie tyd. Pierre en Melinda se program was uitstekend en het vir almal iets gebied. Die eenigste swakpunt was die diens by die ablusie blokke in die karavaanpark. Die opwas areas was meeste van die tyd vuil terwyl die skoonmakers daar gesit en kyk het hou kampeerders dit sel moes skoonmaak voor hulle kon skottelgoed was. Ook die badkamers self was nie gereeld skoongemaak soos wat ons gewoond is by buffelspoort nie. Weereens baie dankie vir 'n puik vakansie.
Manie Stoltz [manie@ewc.edu.za] - 2010-01-12 09:52:39.937

Weereens baie dankie vir 'n heerlike Desember 2009 vakansie by Buffelspoort. Ek wil baie dankie sê vir die skoonmaak-diens by die rondawels wat hierdie jaar ingestel is. Dit is die 4de jaar wat ons by Buffelspoort vakansie hou en ons is baie dankbaar dat die rondawels se vloere daagliks skoongemaak is. Die skoonmaak van die braai-area op 'n meer gereelde basis word ook waardeer, veral in die lig van die weer wat soms laat-middag opgesteek het.
Riana Wilson [rianaw@assupol.co.za] - 2010-01-11 11:17:27.53

Vakansie hou beteken vir ons as gesin baie. Daarom hou ons daarvan om jaarliks by ATKV Buffelspoort af te pak en te vergeet van werk en die gewone daaglikse roetine waarin ons onself bevind. Omdat ook graag deelneem aan die vermaaklikheids program was ons aanvanklik baie skepties a.g.v die gehalte van die afgelope twee jaar, maar aangenaam was ons verras met 'n baie goeie kreatiewe program. Die hoogte punt was die personeel konsert "Dis hoe dit mis". Ons sien julle definitief weer in 2010. Drie Hoera's vir PIERRE EN SY VERMAAKSPAN.
Steve Pretorius [pretorius.s@nat.org.za] - 2010-01-09 06:25:38.967

Baie dankie vir 'n baie lekker kuier. Pierre se aanbieding van die vermaak was opwindend, kreatief en vol verassings! Dankie ook aan ATKV en CADAC vir die Braaier wat ek met die braai-kompetisie gewen het!! Ek sou dit egter net graag onder die bestuur se aandag wil bring dat die skoonmakers by die badkamers in die karavaanpark omtrent heeldag buite sit en met mekaar of op hul selfone gesels. Wanneer hul van diens af gegaan het, het dit ook gereeld gebeur dat die toiletrolhouers nie gevul is vir die aand wat voorle nie. Gedurende die dag moes ons ook vra dat daar papier ingesit word. Die dinge ten spyt: BUFFELSPOORT JUL "ROCK"
Betsie Coetzee [Stefan@bottomsupscuba.co.za] - 2010-01-08 17:39:00.357

Ek en my gesin het vanaf 10 tot 27 Desember weer soos ons die afgelope 4 jaar doen lekker gekamp. Ai tog - wat het met die winkel gebeur. Daar was gedurende Des 2008 die interessantste goedjies gewees en ook lekker Afrikaanse storieboeke te koop. Kyk maar asb baie goed na die winkel opset. Jannes, jy met jou Spens op wiele was weer 'n treffer en voorspoed met jou swottings vir 2010. Sien julle weer Desember 2010
Marijke Deysel [marijke.deysel@afgri.co.za] - 2010-01-06 15:12:27.903

ATKV-Buffelspoort bestuur neem kennis van mev. le Roux se klagte met betrekking tot die diens in die winkel. Die saak word verder hanteer per e-pos. Beste ATKV-groete. Gideon Joubert. Handelsbestuurder : ATKV- Buffelspoort.
Gideon Joubert [gideonj@atkv.org.za] - 2010-01-06 09:41:27.233

Aan ATKV BUFFELSPOORT. Baie dankie vir 'n lekker vakansie. Julle diens was soos gewoonlik baie voortreflik. Doen net asb iets aan die diens in julle winkel. Die vermaaklikheids program het met 100% verbeter op vorige vakansie seisoene hou dit asseblief so. STERKTE en VOORSPOED met 2010. Maria Le Roux
Maria Le Roux [bpd@telkomsa.net] - 2010-01-06 07:49:23.14

Geagte ATKV Buffelspoort Bestuurspan. Graag wil ek met die skrywe julle gelukwens met 'n fantastiese vermaaklikheids program die pas afgelope Desember vakansie. Julle toegewyde en vriendlike vermaakspan is ook dan daarvoor verantwoordelik dat ons weer in 2010 by ATKV Buffelspoort bespreek. Groete Mnr Vermaak
P VERMAAK [p3vermaak@yahoo.com] - 2010-01-04 23:13:19.28

Ek het `n paar goed onder u aandag bring wat ek die vakansie opgetel het. 1. Die onderstaande is `n staande reel wat voorgeskryf is in julle brosejure. Ons het die afelope twee weke kom vertoef by julle. Daar was elke dag mense met KAZIBO'S by die Nestle verhoog. Ek het eendag nie minder as 12 Kaziboz opgemerk. Van die mense was egter goed geiriteer deur dit. Die kazibo`s is groot en neem baie ruimte en sonskyn weg. Hoe kan julle die reel inbring as julle dit nie eens nakom nie. Die reel se egter duidelik soos hieronder aangebring.(24. Om dit vir almal gerieflik en aangenaam te maak, versoek ons u vriendelik om nie "gazebo's" by die swembadarea op te slaan nie. Slegs strandsambrele sal toegelaat word sodat daar vir al ons besoekers plek op die gras om die swembaddens sal wees.) 2. Daar is ou jaar vir die kinders `n dans gehou. Geen drank is toegelaat in die Dhalia saal nie maar skaars 5 meter is daar voorsiening gemaak vir perosne bo Agtien om drank te gebruik. Ek het my seun toegelaat van 14jaar om na die sokkie to te gaan. Toe ek en my vrou later die aand gaan swem het het ek opgemerk dat kinders wat skaars ouer is as my seun heerlik op die gras saam kuier en en ook Hubey Bubley rook. Ek was geskok toe ek dit sien en het my seun versoek om nie langer by dit te bly nie. Waar is die sokkie reels van Laasjaar - Geen drank. Ek het ook gemerk dat daar nie voldoende toesig was soos beloof deur die aanbierder nie. 3. Ons het baie uitgesien na die Campbells en het maar huis toe gegeaan toe dit aanhou reen. Die volgende oggend het ons gehoor dat die vertoning toe wel voort gegeaan het in die saal vir die paar mense wat agter gebly het. Die weer was elke aand redelik voorspelbaar as die wolke begin opsteek het het. Hoekom het nie hulle nie uit die staan spoor dit in die Buffelsaal aangebied nie. Meskien moet julle dalk beter beplan as dit kom by gas kustenaars wat optree. Ons verblyf was verder lekker. Geen klagtes oor die diens nie. Die bogenoemde was vir my `n groot kommer Groete Freddie Wilson
FREDDIE ` WILSON [freddie@isambulela.co.za] - 2010-01-04 14:05:06.67

Ek voel ongelukkig omdat ons gaan nou met vakansie van af die 21ste en nou gaan julle Mej Buffel alreeds die 19de hou ag my dogter wou so graag deelgeneem het kan julle dit nie nog n rukkie uit stel nie groot asb!!!!
Petro Brits [britscornelia@yahoo.com] - 2009-12-15 14:10:32.53

Buffelspoort se vakansieprogram is beskikbaar onder Ontspanning "* Kliek hier en kyk wat gaan aan" Buffelspoort Groete
ATKV Buffelspoort [buffelspoort@atkv.org.za] - 2009-12-08 11:28:08.047

Mev Viljoen het die vakansieprogram per e-pos ontvang. Buffelspoort Groete
ATKV Buffelspoort [buffelspoort@atkv.org.za] - 2009-12-08 11:23:09.763

Geagte Kampeerder Karavaanpark. Die Bestuur neem kennis van die klagte ivm die musiek. Daar is reeds opgtree teen die skuldige partye.
ATKV Buffelspoort [buffelspoort@atkv.org.za] - 2009-12-08 11:15:42.373

Die musiek in die karavaanpark op 7 Desember was ondraaglik, ek hoop die oord bestuur gaan iets doen om dit te stop, ons as gaste verdien rus en vrede
Kampeerder Karavaanpark [par3@thegolf.co.za] - 2009-12-07 21:23:06.327

Goeie middag, asseblief kan julle my laat weet of Desember 2009 se vakansie program al beskikbaar is? Baie dankie Groete Barbara
Barbara Viljoen [barbara@asata.co.za] - 2009-12-04 14:06:51.653

Goeie middag, asseblief kan julle my laat weet of Desember 2009 se vakansie program al beskikbaar is? Baie dankie Groete Barbara
Barbara Viljoen [barbara@asata.co.za] - 2009-12-04 14:06:46.14

Ek wil net baie dankie sê aan almal by Buffelspoort, ek en my vrou en my skoonouers was daar vanaf 25 Nov tot 30 Nov '09. Daar aangekom het van die werkers dadelik gevra of hulle kan help om die tente ens op te slaan. Toe ons instem was die hele kamp reg in 'n kwessie van paar minute. Baie dankie vir alles en sal julle binnekort weer sien. Die Snymans
Danie Snyman [daniesnyman2000@yahoo.com] - 2009-11-30 17:28:16.09

As personeel lid van die een van die ATKV oorde wil ek net dankie se aan al die lede/nielede vir julle positiewe kommentaar op diens by die oorde. Soos maar by enige organisaie het jy maar personeel wat nie 100% gee nie. Maar daar is wel 'n hele paar wat regtig uit hul pad gaan om te help. Ek werk al 'n paar jaar die die ATKV en kan eerlik se dit sit nie in enige een se broek om vir 'n oord te werk. Dit is harde werk en jy moet elke dag 100% gee, al voel jy siek, al het jy probleme by die huis soos enige een van julle daar buite. Al behandel die mense jou somtyds so sleg dat jy in trane is of ongelukkig voel. Maar dan moet jy maar sluk en voortgaan. Dis vir my heerlik om 'n lid of nielid te help en uit my pad te gaan vir diens, maar dis net so sleg as jy so hard probeer en die persoon se dis nog steeds nie goed genoeg nie. Kom ons dink bietjie aan die personeel van die ATKV, dis mense en veral dames, moeders, enkel ouers en net soos u. Ons het ook gevoelens. Ons wil graag ons beste doen. Ons is tog almal Christene, afrikaners, en mense wat omgee vir mekaar. Kom ons wys dit. - Dan aan al die ander personeel. Dankie vir die wat ek mee saamwerk elke dag, sjulle is spesiaal en verdien elke pluimpie wat julle kry. - ons is 'n span mense ons moet vir mekaar help en ondersteun. Dit maak dan elke dag die moeite werd om vir die ATKV te werk of hoe! atkv groete ( hou so aan mense)
annoniem atkv [whitelights@vodacom.co.za] - 2009-11-27 21:49:56.39

Dit is vir die eerste keer in 16 jaar wat ons gaan vakansie hou.Kan ek 'n program kry vir Desember maand asb.Ek weet nie wat om te verwag nie en ek het 'n stremde seun om ook aan te dink. Help asb want ons is ongelooflik opgewonde
Hanlie Jansen van Vuuren [hjansenvanvuuren@friendlystores.co.za] - 2009-11-25 15:19:39.483

Ek het Saterdag,21 November 2009, 'n aanlyn versoek om akkomodasie aan u gestuur. Ek het twee eposse ontvang wat bevestig dat dit deur u ontvang is, asook dat ek binne 3 dae van u sal hoor. Dit is nou al die 5de dag ?! U epos meld ook dat dit die kliënt/lid se verantwoordelikheid is om sulke navrae op te volg en 'n antwoord te kry ? Dis nogal arrogant om 'n besigheid te bedryf waarin lede die aandeelhouers is, maar hulle moet self toesien dat hule navrae beantwoord word, en veral t.o.v. verhurings wat vir die ATKV inkomste genereer, is dit nie ? As daar mense betaal word om hierdie deel van die werk te doen, hoekom is dit kliënte se verantwoordelikheid om toe te sien dat hulle reageer ?! Dis mos 'n besigheid, nie die Poskantoor of Munisipaliteit nie.
C.P. Booysen [chris@nvm.co.za] - 2009-11-25 06:38:13.42

Is daar n vakansie program vir Desember maand asb
Kobie Snyman [kobiesnyman@gmail.com] - 2009-11-07 17:18:11.187

Goeie dag, hiermee neem ek vrymoedigheid om onder wie dit mag aan gaan se aandag te bring - aanvanklik het ek gedink ek is dalk die otherwise enetjie. maar nou die dag terwyl my seuntjie musiek het staan ek buite die klas en gesels met die ander ouers oor waarheen hul gaan vir die vakansie, of as hul saam met vriende net lekker gaan kamp? ek sê toe ons en ons vriende is mal oor Buffelspoort, almal sê toe in 1stem, dis baie lekker, maar die swembaddens maak helemal te vroeg toe. Die kinders gaan slaap eers rond om 22:00 en daarna het ons maar 'n halfuur om te gaan swem die van die groep wat besluit hul wil gaan swem. Ek glo nie aan komentaar lewer per email en so nie, maar vrek buffelspoort is so lekker plek, dis net die swemtye wat pla... mag hierdie 1ste probeerslag van 'n email comment goed afloop ;-D Dankie vir jul netjiese oord! PS. Die mammas saam met wie ek soms gaan tee drink begeer natuurlik 'n gesins badkamer by buffelspoort en sê dis hoekom hul maar meer van Klein Kariba hou, dan kan pappa help met die kiddies bad aktiwiteit.
Yolandie Goosen [yolandie.goosen@everitt.co.za] - 2009-10-26 11:51:59.217

Ons het September by Buffelspoort gekamp en dit vreeslik geniet. Die badkamer geriewe was altyd skoon en daar was gereeld iemand wat gereed gestaan het om skoon te maak. Ons het 'n punt daarvan gemaak om na elke ablusie blok te gaan net om te sien hoe lyk die ander. Alaml was baie skoon en netjies. Daarom sien julle ons weer in Desember.
Leon Strydom [strydlg1@telkom.co.za] - 2009-10-06 11:47:05.56

Ons was verlede jaar Desember by julle oord en het dit baie geniet. Net een versoek. Kan die winkel by die Swembad weer inbedryf gestel word? Dit was verlede jaar toegemaak nadat n goeie diens daar gelewer is. Indien dit toe bly meot ons maar weer ons eie drinkgoed op karwei na die swembad toe. Maak weer die oord wat hy altyd was.
Ignus Tredoux [tredoui@mweb.co.za] - 2009-09-16 21:40:20.17

Goeie more. Ek wil net graag kommentaar lewer oor die webblad. Ek het die telefoonnommers van julle verskeie oorde gesoek en het dit gevind heelonder op 'n bladsy, maar ek kon dit feitlik nie lees nie. Kan julle dit asseblief 'n bietjie die telefoonnommers en e-pos adresse groter maak? Ek kry ook nie die die Eiland Spa se nommer op die webblad nie. Baie dankie, Therese
Therese Fourie [therese@electroflame.co.za] - 2009-09-07 11:47:06.11

Wat het gebeur met die tarief van 10Aug tot 21Sept Is die oord dan toe of wat gaan aan met julle.
Stan Stewart [secretelectronics@telkomsa.net] - 2009-09-01 21:31:10.543

Ek het 'n lang brief aan die bestuurder gerig oor die afgelope naweek wat ons daar was. In kort, die rondawel se vloer was nie skoon nie, toilet handvatsel het nie gewerk nie, braai is nie saterdag oggend skoon gemaak nie, die breekgoed is ge-chip,oud en pas nie bymekaar nie, hoof slaapkamer se deur het 'n gat ingehad wat iemand probeer toestop het. Die braai area was vuil en die rand steen on die stoep se stene is los. Die sif by die voordeur is "sif". Ai, ai ons betaal mos nie peanuts nie mense. Kry asb reaksie by die bestuur en personeel sodat Buffelspoort kan terug gaan na waar hy hoort, bo-aan die lys. Dan gee ons nie om om hierdie ongelooflike tariewe NA afslag te betaal nie. Ek wag in spanning om van julle te hoor.
Mariaan Cocks [mariaan@davita.co.za] - 2009-08-12 10:31:00.983

Please cancel Reservation Number 217205 dit is vir MNR AG De Klerk
Gerda Gouws [gerda@sametal.co.za] - 2009-08-05 11:01:22.45



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]